Leeusa

Leeus bo in drieefees

By GLRU

Posted on June 27, 2016

Die Leeus en die Luiperds het Potchefstroom Vrydagmiddag op Olënpark warm gespeel en 92 punte ‘n vertoonvenster vir provinsiale rugby aangeteken, waarvan die Leeus 64 aangeteken het en die Luiperds self 28.

Die mense in die Noordwes is op tradisionele Leeurugby getrakteer en die besoekers het tien van die bestes gedruk met die Luipies wat self ‘n bonuspunt vir vier drieë behaal het.

Ses van die bestes het egter aan die groot manne behoort en die groot uitblinkers was tussen hulle. Dit is nie altyd dat ‘n Makou se naam genoem word wanneer Leeus en Luiperds jag nie, maar Lourens Erasmus was een van die sterre.

In ‘n sin was dit ‘n proefwedstryd en die groot slot het sy kleim afgesteek om aanstaande Saterdag teen die Sharks te speel. En dan het Cyle Brink en Ruan Ackermann ook gewys dat hulle maanhare begin kry.

Agter was Ross Cronjé en Marnitz Boshoff bestendig, maar die eletristeit is deur Sylvian Mahuza verskaf en sy oud spanmaats was aan die ontvangkant van sy talente.

Die Luiperds het niks gehad om te verloor nie en ingekoop in die gees van die wedstryd en dit het Rhyno Smith-hulle gepas. Die skrumskakel Malherbe Swart het sy hand die hoogste opgesteek.

Punte:

Leeus: Drieë: Makou Erasmus (2), Corné Fourie, Jarryd Sage, Ramone Samuels, Cyle Brink, Sylvian Mahuza, Ruan Ackermann, Rohan van Rensburg, Anthony Volmink. Doelskoppe: Marnitz Boshoff (7).

Luiperds: Drieë: Bradley Moolman, Jaco Hayward, Malherbe Swart, Wilmar Arnoldi. Doelskoppe: Rhyno Smith (4).

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>

Back to Top