Xerox Goue Leeus driedruk-konings

By GLRU

Posted on July 12, 2016

Die Leeus het Saterdag in Kemptonpark hul vierde agtereenvolgende oorwinning van 50 punte of meer behaal toe hulle die Valke 75-14 geklop het. Die Leeus het met die oorwinning tot die vierde plek op die Curriebeker-kwalifiserende reeks gevorder.

Dié oorwinning, asook dié oor die Griffons (66-19), Luiperds (64-28) en die Griekwas (52-37) beteken dat hulle in vier wedstryde 237 punte aangeteken en 38 drieë gedruk het.

Dié Leeu-spannetjie het nou net soos hulle grootbroers die meeste drieë in hul kompetisie gedruk, 76 teenoor die 61 van die Griekwas, die voorste span in die liga.

Die twee vleuels, Anthony Volmink en Selom Gavor het teen die Valke vyf van die elf drieë gedruk.

Punte:

Leeus: Drieë: Anthony Volmink (3), Selom Gavor (2), Arnout Malherbe, Jacques Nel, JW Bell, MB Lusaseni, Pieter Jansen, Shaun Reynolds. Doelskoppe: Jaco van der Walt (4), Reynolds (6).

 

vs Valke7vs Valke3vs Valke1

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>

Back to Top